Ek is die koningin van ‘alles bymekaar gooi’. Daar is in my lewe nie tyd vir ‘attention to detail’ nie. As ek honger is, is ek HONGER, en dan is daar nie nog tyd vir rosies sny uit wortels nie – daai wortel moes dan al in my maag gewees het!
Daarom, gewoonlik op ‘n Saterdag middag, as ons nooit kos maak nie, en die dag sleep die agtermiddag binne, pak ‘n rasende hongerte my, en beter daar iets in die kaste wees, want ek skrik nie vir 2Minute Noodles met ‘n bietjie Mrs Balls oor nie!
Een so ‘n bymekaargooi van smake het my Saterdag getref, en dit was nie te onaardig, of giftig nie – ek is nog hier om dit te deel.
Neem ‘n blikkie tuna (in water, jinne los die olie vir die raffinaderye), gedreineer en in ‘n bak gegooi. Nou skep jy ‘n halwe bakkie growwe maaskaas daarby, ‘n teelepel Mrs Balls en ‘n eetlepel mayo. Ek is ‘n waaghals en gooi op hierdie stadium sommer lekker baie sterk prego sous of Tobasco by, en wikkel die growwe peper meul so ‘n paar maal bo die mengsel.
Meng alles lekker deurmekaar en kyk in jou kas vir daardie leftover Bacon Kip koekies. Onder-in die pak is gewoonlik
die gebreekte stukkies? Dis hulle wat jy soek. Anders moet jy maar hardhandig met ‘n paar heel koekies werk en hulle kraak.
Gooi ‘n handvol gebreekte Bacon Kip koekies by, meng deur, en eet terwyl die koekies nog knars het.
Moenie skaam wees om met kersie tamaties of ertjies in die dis te eksperimenteer nie. Hierdie slaai is vir die rasende maag. En as ‘n ertjiepit nodig is om die laaste gaatjie te vul, wie is ek om te stry?

‘n Vertroueling het die resep goedgunstiglik met my gedeel – bedien dit saam met vleise, veral vark.


Ouma het altyd in die groen pot, wat ma nou het, wat ek nog wil gaps, die aartappels saam met die vleis gekook – afgeskil. Dan was daai aartappel darem vir jou ‘n demitse lekkerte!


om koeler te raak, en gooi 2 eetlepels borrie, en 6 eetlepels meel daarby in, meng lekker deur (soos in GEEN klonte asb.) en gooi dit terug in die pot. Roer versigtig deur.
heeeeerlik met soetpatat), ‘n ui in blokke gesny, ‘n pakkie sampioene opgesny, ‘n seldery stingel of ‘n prei (leek) in wieletjies. Groen en rooi pepers is ook heerlik hierin.
afgee. Dis perfek. Gooi nou by: 3 huisies fyngekapte knoffel, 1 teelepel caraway sade, ‘n lourierblaar en sout en peper.
Gooi 2-3 koppies kookwater by, sit die deksel terug, en kry reg: