Souttert

Ek hou van behoorlike souttert met behoorlike binnegoed.  As ek ‘n weenseworsie in my porsie aankyk, dink ek altyd aan die Aardrykskunde onnie wat ons vertel het hoe die worsies gemaak is, en verloor ek my lus vir die happie daar en dan. 

Tog is daar baie grusame verhale van hoe sekere disse of voedselsoorte tot stand gebring word, wat mens nogal met ‘n holkol op die maag laat.  Nietemin sal ek my Boerebloed nie kan wend in selfonderhoudend leef wat ‘n slagding of pothoender betref nie.  Ek weet nou nog nie hoe ouma dit oor haar hart gekry het om haar geliefde hoenders op slagdag die ewigheid in te kon help nie.  Hoender kom in Woolies verpakkings en melk kom in kartonne….  toe nou nie, maar dis darem jare laas wat ek as plaaskind oopmond staan en kyk het hoe slagdag ‘n bees, skaap en vark opline vir die vrieskaste!

Wat ek eintlik hier wil uitbassuin, is dat ‘n souttert wat die moeite werd is, nie met weense worsies beneuk moet word nie.  As jy ‘n weenseworsie fan is, mail my dan vertel ek jou hoe dit gemaak word, of druk dit fyn op jou toast, en gooi All Gold daaroor, maar vir die souttert gebruik jy net onverwerkte vleis.  Nie geprosesseer.

Braai 250 gram spek in bietjie olie tot gaar.  Ek hou daarvan om my spek in ‘n gevriesde stadium te takel om te sny.  Die proses is makliker, en behoede jou as jy ‘n stomp mes het – dit lyk soos varke in ‘n sak soos daai mes en spek wikkel, en nie een wil bes gee nie!

Gooi ‘n groot ui, wat jy fyngekap het, met of sonder die duikbril op, ‘n halfkoppie gesnyde sampioene, 1/2 greenpepper, ook fyngekap, en 2 huisies knoffel in die spekpot, en sweet tot die ui glasig is.  Moenie op warm hitte probeer om die proses te versnel nie – die knoffel sal brand en jou souttert sal bitter proe.

Meng 250ml melk, 125ml koekmeel en 2 eiergele en sout en peper soos jy dink nodig is, saam.  Hou die eierwitte eenkant.

Gooi die spekmengsel in die vloeistof- en meelmengsel, en meng goed deur.  Klits die eierwitte styf en vou in.  Opsioneel is ‘n halwe handvol fyngekapte pietersielie.  Die kleur en aanwesigheid daarvan, doen dinge vir die dis.

Smeer jou oondbak, gooi die mengsel daarin, en sny tamatie in dun skywe en pak bo-op.  Die tamatie is opsioneel, los dit uit as jy nie lus het vir kleur nie.

Gooi ‘n koppie gerasperde, sterk cheddarkaas bo-oor, en sprinkel rooipeper (cayenne) bo-oor die kaas.

Druk in die oond, voorafverhit tot 180 grade celcius, en bak vir 30 minute, of tot gestol.

6 responses to “Souttert

  1. hi ek het ‘n tee middag en wil graag 2 soutigheid ook in die bordjie sit.wat stel julle voor.ietsie goedkoop,maar aantreklik lekker.

  2. Salticrax

    Ryp avo, fyngeduk met sout, peper en ‘n goeie squirt suurlemoen sap.

    Lekker chillie prawns – gaargemaak, afgekoel en in kwarte gesny.

    Plaas avo op ‘n salticrax, en die prawn bo-op.

    Voila!

    Die res van die prawns hou jy vir die naweek se lekkerte op ‘n rooster (search prawns op http://www.skoorkos.wordpress.com, regs bo, en kry die idee)

    Andersins kan jy ‘n sterk bloukaas in ‘n blokkie gebruik bo-op die avo soos bespreek.

    Onthou die suurlemoen sap – dit verhoed dat die avo bruin raak!

  3. Ag, hoe bly was ek toe ek die storie lees van die Worsies!!!!!!
    Moet ook asseblief die brood wat in melk en water geweek is
    vergeet nie.!!!!!!!!!

  4. Erika Boshoff

    In my soeke na ‘n lekker souttert resep kom ek toe af op ‘n resep met weense worsies en gerasperde polonie! My eerste gedagte..JIG!
    Die versoekking was baie groot om presies dit as kommentaar te lewer. Gelukkig sien ek toe jou resep en nou voel ek baie beter. Ek sal die arme skrywer met rus laat en konsentreer op jou souttert met behoorlike binnegoed, kan nie wag nie.

  5. Nog altyd gesê “Wat die oog nie sien huil die hart nie oor” maar nou het ek nuwe idees!!

  6. Spek of bacon is baie beslis ‘n geprossesseerde vleis! Net so tussen hakies, die mens proe, die kos smaak! Die souttert het nie die vermoe om te proe nie, dit kan wel heerlik smaak!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s