Eet poeding eerste, want die lewe is kort!

Ek was nog nooit swaar op nagereg nie, gee my eerder ‘n souttert, maar namate die grys hare meer word, is dit asof daar ‘n magiese krag opgesluit is in elke hap nagereg, en ek moet byvoeg, die magiese kragte doof enige rooi ligte wat flikker en ‘vet! vet! vet!’ uitgil.

Hier is ‘n maklike Tiramisu resep om ‘n heerlike maal af te sluit, of ‘n maal op sy eie te wees.  Ek dink Tiramisu is vroulik.  Mind you, enige nagereg is vroulik.  Want dis ‘n gespeel en geflirt van die ergste graad.

TIRAMISU UIT DIE KLEIN KOMBUIS

Neem 4 glase – mooies of gewone tumblers – en breek 2 tot 3 sponsvingerkoekies daarin.  (Breek soos in maak dit korter dat dit in die onderkant inpas.  So amper half van die glas moet volgepak word)

Neem lekker sterk moerkoffie – afgekoel is reg – en gooi oor die koekies sodat die koffie geabsorbeer word deur die koekies.  Voila, moenie nou aan die karring gaan tussen daai koekies nie, laat hulle met rus le en koffie drink.

Wend jou tot die vanilla roomys wat jy 15 minute vroeger uit die vrieskas gehaal het sodat dit makliker hanteerbaar is, en skep ‘n lagie roomys in.  As jy Amarula of enige lekker room likeur in die kas het, drup dit in al die oop gaatjies in, sodat die roomys ‘n ysberg in die middel vorm.

Klits ‘n houertjie room en skep dit bo-op die roomys.  Sprinkel gekrummelde Flake tjoklit bo-oor, gevolg deur ‘n teesiffie met bietjie kakao poeier in, liggies bo-oor geskud.

Die Italjaners sal lag vir die Boere-manier van tiramisu maak, maar waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg, en waar daar ‘n soettand is, sal hierdie ‘n treffer wees!

Jy kan dit ook in ‘n groter houer maak, maar individuele tower proesels het ‘n groter impak en laat elke eter spesiaal voel oor sy handgemaakte lekkerte.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s