Malvapoeding. Met baie brandewyn!

Ek hou nogal van malvapoeding.  Nie te veel nie, maar daar kan maar te veel brandewyn oor wees.  Iets aan daardie kombinasie wil mens laat dig en dans.  In daardie volgorde!

Haal dus jou kombuisgereedskap uit as jy vanaand tuis kom, en maak ‘n poeding vir die naweek wat voor die deur is.

Klits 2 kamertemperatuur eiers en 250ml strooisuiker saam tot dit soos ‘n donsduvet lyk.  Sit die klitser stadiger, en klits 15ml appelkooskonfyt hierby in.

Neem 315ml koekmeel, ‘n knippie sout en 5ml koeksoda, en sif dit 2 maal deur.  Die tweede keer is vir good luck.

Smelt nou 30ml botter, en gooi dit by 5ml asyn en 125ml melk.

Nou kom die konsentrasie gedeelte…

Vou die droë bestanddele by die melkmengsel in, en dan vou jy die mengsel by die botter, eiers en appelkooskonfyt in. 

Smeer jou oondskottel/pyrex bak/tinfoelie tertbord, gooi die aanmaaksel daarin en bak in ‘n voorverhitte oond teen 180 grade celcius vir 45 minute.

As daai poeding uit die oond kom, moet jy regstaan met die sous van 125ml suiker, 125ml botter en 130ml brandewyn.  Smelt alles saam in die mikro, maar moenie dat die brannas verdamp nie – ek wil amper aandring dat dit na die botter en suiker smeltery bygegooi, en dan oor die poeding gegooi word.

Eet met boks vla, of vars room.

Ek het al die winkelgroep met die W se malvapoeding gehad – amper in die hospitaal geland met gal, want die botter het geel gesit om die rand van die houer voor dit verhit is, maar mensig, dit is ‘n treffer op die smaakkliere!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s