Viskoekies. Uit die blik. Of uit die see.

Ons het hierdie vreeslike lekker restaurant waar ons graag eet – viskos, natuurlik – en hulle maak ‘n viskoekie wat jy nie in iemand se huis sal eet nie.  Ek dink ek gaan volgende keer ‘n bottel wyn saamneem, en kyk of ek nie die resep uit een van die bestuurders kan pers nie!

Ek kan nie oor my hart kry om ‘n vars vis in ‘n koekie te omskep nie, maar daar was ‘n tyd toe vis so volop soos fake t-shirts was, en dis mos eintlik die smaak wat ‘n viskoekie moet he.

Vandag volg ons egter die blikkie roete, en ek wil aanbeveel dat jy die vis uit sy sous, hetsy tamatie of rissie of watookal kry, en dit sommer in ‘n sif of vergites gooi sodat die vog kan uitloop.  Hoe meer vog daar in is, hoe moeiliker hanteer die mengsel.

Neem ‘n klein ui en ‘n klein huisie knoffel, en kap altwee fyn.  Besluit hoeveel jy voor kans sien in jou dis, en sit die res weg vir more se bredie.  ‘n Paar sambrele pietersielie vir kleur, ook fyngekap, en jy is amper daar!

Die left-over medium aartappel van gisteraand wat onder in die yskas gele het, ‘mesh’ jy, en roer die knoffel, ui, pietersielie en ‘n eier daarby in.  Sout en peper na smaak en die waaghalsiges kan ‘n bietjie rooipeper (cayenne) bygooi. 

Neem nou die vis, en meng dit versigtig deur (as jy sigbare stukke vis in die koekie wil he), of minder versigtig as jy fishpaste wil bak!  

Laat jou ander half solank olie verhit in die braaipan/Bauer/skottelbraai, terwyl jy die vismengsel uitskep en vorm met jou hande.  As die mengsel vir een of ander rede droog is, gooi biejtie van die tamatie sous by waarin die vis arriveer het. 

Op hierdie stadium is daar mense wat die gevormde viskoekie rol in winkel krummels.  Maak so as jy winkel krummels het, maar dit is nie ‘n noodsaak nie.  Die vorm van die koekie hang ook af van jou gemoed – daar is geen voorskrifte nie.

Braai in die warm olie tot goudbruin aan beide kante, en raak ontslae van die meeste olie op kombuispapier.

‘n Viskoekie en Mrs. Ball’s gaan saam soos Coke en vanilla roomys.  Of ‘n lekker soetrissie sous.

Die resep is vir een groot blikkie vis – pas aan volgens die behoeftes van die eters.

7 responses to “Viskoekies. Uit die blik. Of uit die see.

  1. unpregnantmother

    Hmmmmm, ek wou dit probeer, maar toe het ons nie eier nie . . . damn! Ek het ook skoon vergeet van die aartappel-ding! :wink:

  2. UPM, al die meer rede om ‘n hennetjie in die agterplaas aan te hou.

    Dis wat ek gedoen het voor die katte gekom het. Daai hoenders was so geleerd, hulle het saans 6uur ingekom om Egoli te kom kyk – dwarsdeur die huis geloop, op die bed gespring, en die kussing betrek vir die episode.

    Partymaal het die storielyn hulle so ontstel, hulle het sommer ‘n wind-eier of geen eier gele nie!

  3. Lekker!! Ek woon in the VSA (nou al amper 10 jaar) en so paar jaar terug het ek vir my Amerikaanse man “vis koekies” gemaak. Hy was dol oor die resep en wil dit nou al die tyd eet, maar vir my, proe dit net nie soos hoe my Ma dit gemaak het toe ons kinders was nie. Dit is, totdat ek vandag jou resep gevind het (Google). Dit was die aartappel en die knoffel wat ek gemis het!!! Baie dankie. :)

  4. Ek is bly jy kon ‘n resep in jou moedertong vind daar in die vreemde Anne!

    Lekker kosmaak. Dis tog so ‘n blessing en lekkerte as mense rondom jou dit geniet.

    Loer ook by http://www.skoorkos.wordpress.com in vir nog lekker resepte

    Groete uit warm SA

  5. Baie dankie! Ek het ook jou blog in my favorites gesit sodat ek so nou en dan kan inloer op jou updates. Lekker bly!

  6. Gedroogde pietersiele en smash werk nogals ook. Gebruik middelsnit eerder as gewone sardien. Dankie vir resep. My K&G is deur een van my kinders gesteel. Jou resep is baie na aan Tannie Ina sin soos ek dit onthou. Ek dink sy gebruik sny brood in plaas van die aartappel.

  7. Rina de Kock

    Baie dankie, vannaand eet my kinders vir die eerste keer viskoekies.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s