Rys. Daai boring wit goed in die kas.

Ek is ‘n fan van Basmatie rys.  Ja, jasmyn is nie te bad nie, maar gaan nie by alle disse nie.  Maar met Basmatie kan jy nie verkeerd gaan nie.

As jy dus boring gewone rys, soos Tastic, in jou kas het, en wil omkeer na ‘n beter rys, en nie hoenders in die agterplaas aanhou vir wie die rys kan gaan nie, geur dit bietjie vir ‘n vaalwel maal.

Gooi ‘n knippie (of half teelepel, afhangende van hoeveel jy kook) mostert poeier of chilli poeier in die rys terwyl dit kook.  Dit moet jou nie regtig brand nie, maar jou tong moet bewus wees van die nuwe smaak.

Lemongrass, wieletjies gesny, of lekker gekneus met die agterkant van ‘n mes, saam met ‘n stringetjie saffraan, maak ‘n wonderlike bykos by Thai geregte.

Indiese geregte werk met rys waarin ‘n bietjie borrie (vir kleur) en 3 naeltjies en ‘n bayleaf bygegooi is.  Of rys waarby ‘n kaneelstok gegooi is terwyl dit kook.  Moenie stres oor die rys se kleur nie – dis is alles deel van die opdienvoorstel!

‘n Briljante eenmens-dis vir iemand wat nie vol fiemies is nie, is om ‘n blikkie tamaties by die rou rys te gooi, dit te kook tot die rys die tamatiesous absorbeer het, dit te geur met sout en growwe peper, en dan lekker baie parmesaankaas in te rasper.  Maar ek sal dit sommer saam met ‘n hoender uit die oond bedien. 

Toe-toe, raak ontslae van die wit rys en ontdek Basmatiese rys.

2 responses to “Rys. Daai boring wit goed in die kas.

  1. Ek is met jou. Basmatie rys is die beste. Hier in Kanada noem my man dit sommer sticky rys. Ek koop nie meen Tastic of Uncle Bens nie. Maak sommer ook my eie kruiemengels om die rys op te kikker.Lekker kook m

  2. Ria Nieuwoudt

    Basmatie rys is die bo-baas!!!!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s