Eenskottel gereg: hoender as hoofspeler.

As jy eenvoudig nie lus is vir baie potte en panne vuilmaak nie, of soos ek, ‘n piepklein kombuis het, neem ‘n oondvaste bak, en maak vanaand ‘n gereg waarvan almal sal hou, en wat jou 10 minute se voorbereiding gekos het.

Ek gebruik my swartpot (platboom), want ek hou van ingooi en ingooi en bygooi.

Neem hoenderstukke, en sny dit in kleiner stukkies.  Letterlik so groot soos ‘n poeding lepel.  Gooi ‘n koppie of meer rys onder in die pot, en gooi die hoenderstukkies bo-op die rys – nie op een hoop nie, versprei dit.  Sny geel of groenrissie in repies, en gooi dit ook bo-oor.  Neem ‘n blikkie sampioene, of ‘n pakkie varses, opgesny in skywe, en gooi dit by.  Dit is hier waar die manne van die muise geskei word:  kap ‘n groot knoffelhuisie fyn, en gooi by.  NIE GEFERMENTEERDE STINK KNOFFEL IN ‘n CHEAP OLIE VAN ‘n WINKELRAK NIE, NET VARS KNOFFEL WORD HIER TOEGELAAT!

Sout en peper die hele gereg, en neem 2 blikkies tamaties, gooi dit bo-oor die gereg, sit die deksel, of tinfoelie op, en druk in ‘n oond van 180grade celcius.

Na ‘n uur toets jy die rys se gaarheid, en as jy sien daar is te veel vloeistof in die gereg, los die deksel/tinfoelie af.  Kyk na ‘n halfuur weer of die dis gaar is, en voila, jy het ‘n maaltyd in ‘n skottel!

3 responses to “Eenskottel gereg: hoender as hoofspeler.

  1. baie lekker

  2. BAIE HOENDER GEREG

  3. BAIE LEKKER HOENDER GEREG.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s