Groente!

Gevriesde groente maak my tande stomp.  Melk kom nie van kartonboksies af nie, en wortels groei nie as blokkies of geriffelde skyfies nie!

Dan kry jy nog opgekookte, gevriesde groente.  Ek kan die smaak in trappe van vergelyking neerskryf, maar dit sal uit drie lelike woorde bestaan!

Ek is erg oor groente.  Maar moet erken, dit word te min geeet in die winter.  Die bredie kry sy wortel en aartappel by, maar die res le geduldig en skreeu totdat die somer aanbreek.

Onthou tog dat groente wat in water gekook word, baie van hulle voedingswaarde aan die water afstaan.  Hou hierdie water as groente aftreksel vir more se geregte.  Dit kan in botterbakkies gevries word.  Merk dit net duidelik anders gooi jy dalk die blok groente aftreksel in die Sangira van jou partytjie! 

Ek is egter ‘n voordanser vir ‘n Steam Suppreme.  Ai, jy kry nie lekkerder nie.  Die stoomproses hou die kleur van die groente, asook die geur.  Dit is nie nodig om die duur ene te koop nie, ek weet Clicks en ander kettingwinkels het ‘n goedkoper weergawe wat op dieselfde konsep werk.  Jy sal nie spyt wees nie.

Gestoomde groente kan net so bedien word, of as jy ‘n dis in die oond gaarmaak, met olyf olie en gesonde sout gepiets, en saam met die dis ingedruk word.  Die oondhitte behoort die suiker in die groente se selle te karameliseer, wat heerlik vreemd op die tong kom le.

My gunsteling groente is egter ‘pakkies groente’.  Somersmaande hou ons van braai.  Dan neem ek groente van enige soort, sny dit kleiner, en maak dit toe in ‘n dubbel laag foelie.  Sorg dat die some van die pakkie goed geseel is, sodat geen stoom kan ontsnap nie.

Die groente op die bodem brand gewoonlik van die direkte hitte van die kole.  Miskien ‘n goeie idee om ‘n laag uie onder te sit – die geur is wonderlik as die pakkie oopgemaak word.  Drup olyf olie, nie baie nie, oor die groente, gevolg deur bietjie gesonde sout, en altyd ‘n treffer:  ‘n knippie chillie vlokkies.  Skopskiet lekker tussen die smaakkliere.

Pasop vir brand, en gebruik die kole tang om die pakkie op en af van die vuur te kry.  En oondhandskoene vir die hantering.  Maar die belangrikste:  pasop vir nuuskierig wees as jy die pakkie oopvou – die stoom sal jou gesig herrangskik!

NS:  Gevriesde ertjies is die enigste gevriesde groente wat my stem kry – blikkies erte kom netnie hierby nie.  En oupa leef nie meer sodat ek erte uit die plaastuin kan uitrits uit die dop met die duim nie.

One response to “Groente!

  1. Mooi geese.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s