Pasta en Black Gold

Vriend Marius Maritz van daar agter die berge, is nie net ‘n fantastiese kunstenaar nie, hy is ook ‘n uithaler kok.  Uithaler is dalk ‘n bietjie te veel van ‘n spoedige woord vir Marius se manier van kosmaak – ‘n rustigheid daal oor die voyeur toe – dis soos om BBC Food in slomo te kyk.

Ek is destyds gewaarsku dat middagete by Marius en Anneke gewoonlik naby die aavang van sonsondergang kan gebeur, en wou dit nie glo nie, maar as jy eers op jou boude sit, of teen ‘n kombuiskas stut, wyn in die hand, begin gesels jy die dag in 5de rat, en eet jy regtig eers naby sonsondergang!

Om Marius dop te hou as hy kook, is seker net so fassinerend soos as hy verf, nie dat ek die eer al gehad het om lg. te sien gebeur nie.  Maar daar is weinig inspanning en geen stres – of hy is ‘n meester om dit te verbloem.  Bestanddele wat rondle, word saamgebring tot ‘n kullinere ontploffing in jou mond.

Ek deel sy tuisgemaakte pastaresep en sy manier van Black Gold toor uit eenvoudige balsamiese asyn.

Pasta:

1 1/2 koppies broodmeel & 3 eiers

Maak ‘n holte in die meel en gooi die eiers daarin.  Goeie plan om eers die eiers oop te breek.  Noudie dag kyk ek ‘n storie waar die man die heel eiers ingooi, want die resep het nie gese dat die eiers oopgebreek moet word nie…

Neem ‘n vurk, en roer die eiers rond in die holte, en inkorporeer bietjie vir bietjie meel.  Sodra alles ingemeng is haal jy die deeg uit, en knie agressief en doelgerig aan daardie stuk deeg.  Knie = platdruk met die handpalm, oprol met die vingers, herhaal proses totdat die deeg satynsag voel wanneer dit in ‘n bolletjie gerol word.

Nou druk jy dit deur die pastamasjien, so ‘n paar keer, en maak jou lasagne velle, of tagliatelle of tuisgevormde spaghetti, watookal jou pallet voor vra.

Black Gold:

Neem 2 koppies balsamiese asyn en 1 koppie heuning.  Kook dit oor ‘n rustige hitte totdat dit dik raak.  Of reduce soos die ingilse se.  Laat afkoel en gebruik oor slaaie, by vleis, of oor camembert kaas.

Daar is altyd ‘n tip te vind by Marius se huis.  Hierdie is my find vir die naweek gewees.  En beide is topklas!  Ek het die Black Gold probeer.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s