Sosaties. Vark of Bees

As die stuk vleis in die yskas, wat bedoel was vir Sondag se ingilse ‘pot roast’ jou intimideer, neem jou skerpste mes en sny hom in skywe van 2cm dik.

Neem die skywe, sny dit in blokkies – jy kan besluit hoe groot jy dit wil maak – pikante bite size blokkies, of robuuste stukke vleis.  Watookal jy as sosatie erken.  Op hierdie blog verskyn resepte as riglyne, nie voorskrifte nie…

Neem ‘n glas of Tupperware houer, selfs ‘n roomys bak, en gooi al die blokkies vleis hierin.  Spoel dit af (ek hou nie van die idee van bloed wat saamtravel nie…) en neem ‘n teelepel meat tenderiser, 2 opgehoopte teelepels kerriepoeier, 1 teelepel borrie, ‘n halwe suurlemoen se sap, 4 teelepels suiker, ‘n skeut soyasous, ‘n skeut Worcestersous en sout en peper – gooi dit bestanddeel vir bestanddeel oor die vleisblokkies. 

Maak ‘n plat teelepel Maizena en meng dit in ‘n halwe glasie water (125ml) en gooi dit ook by die vleis.

Sit die deksel op, en sorg dat dit nie sal oopgaan nie.  Nou skud jy dit sodat die inhoud kan meng en die vleis kan omsingel.

Neem ‘n groot ui – sny dit in 4 kwarte en maak die skille los van mekaar.  Gooi dit ook in die vleis bak.  As jy soet appelkose kan kry, gedroog natuurlik, sal ‘n handvol ook by die mengsel, die eindproduk woema gee.

Laat marineer vir ten minste 12 uur.  Ryg in sosatiestokkies wat vir ‘n uur in warm water geweek is (dit keer dat die hout aan die brand slaan op die vuur).  ‘n Vleisblokkie, gevolg deur ‘n bladsy ui, twee vleisblokkies gevolg deur ‘n appelkoos, afgeeindig met ‘n vleisblokkie sal die ding doen.

Braai op regte kole – hierdie gasbraai mode wat van Australie en die VSA oorgespoel het, laat my bekommerd oor die geestestoestand van my volk.  Kan jy nou wragtag dink hoe simpel dit sal lyk as jy langs die gasbraaier sit en in die vlammetjies staar…

Gebruik ‘n varkboud of ontbeende vark steaks en dieselfde bestanddele vir varkvleis sosaties, en geniet!

O ja, moenie stres omdat dit nie ‘n vreeslike nat marinade is waarin die vleis le en spartel om lug nie.  Dit lyk net so lekker in die winkel se slaghuis afdeling – hierdie is ‘n semi droe rub/marinade, en as jy die bak gereeld skud, sal jy nie die verskil proe nie.  Ek hoop die slaghuise maak elke keer nuwe marinade aan, en gooi nie net die vars vleise in die ou souse nie…

Wenk:  Moenie dit in metaal houers marineer nie – die chemiese reaksies wat kan plaasvind kan jou voortande dalk laat uitval.

One response to “Sosaties. Vark of Bees

  1. Ek het nooit kon dink ek kan kosmaak nie maar vandat ek ook by die werk moes plekmaak en by die huis sit moet ek seker maar my soos n huisvrou gedra en die huispligte nakom ( gelukkig is die kinders altwee getroud en weg ) — maar wat ek eintlik wil kwytraak is dat ek die kosmakery so geniet dat ek dink my vrou raak jaloers. Het darem ook al n paar floppies gemaak maar gelukkig het ek n boerboel wat nie vrae vra nie. Baie dankie vir hierdie sosatie tips — ons gaan hom nou aanmekaarslaan vir more se sonderkragdag. Salud.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s