Roti’s – so gemaak

Ek het ‘n navraag uit Bonnievale se wereld gekry met die reuse vraag:  hoe maak ‘n mens roti’s.  Nie hoe vul jy dit nie, maar hoe MAAK jy dit.

Die Boervrou ken nie van maak nie, ek koop myne, en het toe maar gaan soek in my Indiese kookboeke.

Ek deel met julle die geheim, maar verkies steeds om myne te koop!

 

1kg All purpose Flour (of Maida as jy dit kan opspoor), gesif.  Maak ‘n holte in die middel van die meel.  Gooi ‘n teelepel sout in die holte, en met 1koppie water, maak jy ‘n deeg aan.  Gebruik minder of meer water, afhangende van hoe styf of slap die deeg raak.

Knie tot ‘n gladde deeg.  Gooi 2 dessertlepels olie oor die deeg en knie verder.

Neem ‘n klam afdroogdoek, maak die houer waarin die deeg is toe daarmee vir 20 minute. 

Deel die deeg in 12 balletjies.

Maak ‘n pasta van 1/2 koppie GHEE.  Dit is in sommige kettingwinkels beskikbaar.  Smelt die ghee, voeg een eier se wit by, en 2-3 teelepels meel.

Rol ‘n deegballetjie uit, verf met die pasta, vou in ‘n vierkant, rol uit, vou weer ‘n vierkant, rol uit, en rol weer in ‘n balletjie.  Doen so met die res van die balletjies.

Smeer elke balletjie weer met olie en laat rus vir 30 minute.  Rol uit met ‘n koekroller of met die hand, en bak in ghee tot goudbruin.

Vul met ‘n  kerrie maalvleis.  Klein blokkies aartappel in die maalvleis, rek die vulsel ‘n ent.

One response to “Roti’s – so gemaak

  1. Ek het rotis gemaak en dit het hard uitgekom. Ek het dit sonder olie of ghee in die pan gebak. Sal die olie die verskil wees tussen rotis wat mens kan oprol en die harde een? Dit was meer soos n poppadom, dink ek.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s