Uieringe

As julle volgende keer steaks braai, maak lekker uieringe daarby.  Vars.  Die eetplek met die S, se uieringe proe soms of dit in ou motorolie gaargemaak is – dit is so galsterig, jou middelnaam is sommer Pessimis na ‘n sessie met hulle uie!

Sny 5 groot uie in ringe – halfsentimeter dik.  Maak die ringe los en gooi dit in ‘n plastiek- of glashouer, gevul met ys en water, en sit in die yskas vir ‘n uur of meer.

Gooi die water af – gooi dit sommer in ‘n sif of vergites dat die ekstra water kan afloop, en neem ‘n Ziplock, mind you, ‘n skoon winkelsak sal seker ook die truuk doen.  Gooi daarin ‘n paar lepels koekmeel.  Dit is om ‘n lagie te vorm tussen die gladde uie vleis, en die beslag.

Gooi ‘n paar ringe op ‘n slag in, skud rond sodat die meel die uie lekker omsingel, en dan dompel jy dit in ‘n beslag wat gemaak is met ‘n draad handklitser, 250ml bruismeel, en ‘n teelepel van tannie Ina Paarman se garlic en herb sout.  Hierby gooi jy koue water en klits en verwyder klonte, totdat ‘n beslag voor jou oe vorm aanneem.

Vis die ringe uit met ‘n sosatiestokkie, of gisteraand se take away chinese chopstick!  Teen die tyd moet die olie al baie warm staan en wag – gooi die ringe in die olie, laat tog net eers die beslag bietjie afloop weens vanselfsprekende redes, en dreineer op handdoekpapier as die uie goudbruin gebraai is.

Dit klink na moeite, ja, maar lekker eet is soms bietjie moeite.   En mens dooi nie sommer van kosmaak nie!

Wenk:  ‘n ui in kwarte gesny en by tuisgemaakte slapchips in die olie gegooi, gee ‘n heerlike geur aan daardie slapchips!  As die ui te donker raak, gooi ‘n nuwe kwart in.

3 responses to “Uieringe

  1. Dankie vir hierdie ene! Ek lief uieringe! Ek kry die goed nooit reg nie, want die deeg val af en die ui bly rou.

  2. Kyk of daai meel wat jy eerste oor die uie strooi, die truuk sal doen, en gee terugvoering!

  3. Rina-Louise du Plessis

    Dankie vir die resep. Lol jy beskryf dit so ougat ek kan nie anders om dit te probeer nie;-).

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s