‘n Vars pasta sous

Met die somer in aantog is dit nie meer nodig om die pasta te versmoor in swaar tamatie of room souse nie.

Hierdie is ‘n vinnige, eenvoudige resep.

Kook spaghetti vir die aantal mense.  Neem 5 knopiesampioene per saam eter, sny in dun skywe.  Gooi die sampioene in ‘n pasta bak, neem ‘n suurlemoen en rasper die skil van ‘n kwart suurlemoen oor die sampioene – gevolg deur ‘n skeut van die sap.

Drup olyfolie bo-oor, gevolg deur growwe sout en swartpeper.  Die met durf kan ‘n halwe knoffelhuisie superfyn kap en byvoeg.  Meng die sampioene deur.

Wanneer die pasta gekook is, hou ‘n koppie van die styselryke water eenkant.  Dreineer pasta, en gooi bo-op die sampioene.  Die warm pasta sal die sampioene sommer gou van hulle rou tekstuur ontneem.  Om ‘n sousie te kry, gooi bietjie van die pastawater by, meng deur.

Rasper parmesaankaas bo-oor en eet ‘n ligte pasta en sous met baie oemf.

Sit chillies by as jy dink jy gaan nie vol kom nie…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s