Italiaanse koekies. En koue wyn.

Die Italianers is ‘n interessante nasie om dop te hou.  Ek vind blanke, Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners as effe terughoudend, en ‘n nasie wat nie sommer emosie buite die huis wys nie. 

Die Italianers is loud en vol beduie en soen mekaar sommer met elke verbygaan slag.  Ek dink ‘n paar SA’ners sal in hulle spore gestuit word as ‘n Italjaner op jou afstorm!

Ek kyk anderdag ‘n kookprogram met ‘n vreeslike heerlik-op-die-oog Italjanertjie.  Sy mama het altyd vir hulle koekies gebak toe hulle kinders was, wat dan in melk, of koeldrank, gedoop en geeet is.  Mama het seker maar die wyn met water vervang, anders wonder ek nie meer hoekom die Italjaners so loud is nie…

Neem koekmeel, en gelyke hoeveelhede olyf olie, suiker en witwyn.  Soos in 100ml van elk, as ‘n voorbeeld – hy het 1 koppie van elk geneem, maar daar was baie mense.  Ek sou se maak eers ‘n proefneming met hierdie koekies. 

Neem meel (geen mate, dit moet ‘n stywe deeg vorm met die res van die bestanddele, so jy kan meer meel insit soos die proses jou neem) en maak ‘n holte in die middel.  Gooi die olie, suiker en wyn by, en bewerk met jou hande tot ‘n stywe deeg.

Gooi anys by.  Weereens, geen hoeveelheid, hierdie proses is liefde en meet met die oog.  Ek sou so ‘n teelepel ingooi om veilig te wees en verseker dat dit nie oordonder nie.  Meng deur die meel.

Rol worse van so 2cm dik, en sny 10cm stukke af.  Druk die twee punte op mekaar vas om ‘n sirkel te vorm.

Plaas op bakplaat en bak in ‘n warm oond, 200 grade celcius behoort die ding te doen, totdat dit goudbruin en gaar is.  Laat afkoel en wag vir die….

Bedien by yskoue glase witwyn, of kamertemperatuur rooiwyn, en DOOP DIE KOEKIE IN DIE WYN!!!

Sodra die somer aanbreek, bak ek hierdie as nagereg.  Dit lyk wonderlik.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s