Braaibroodjies

Ek is ‘n winterkind.  Op my gelukkigste as die kaggel knetter en ‘n bredie put.

Maar een of ander tyd trek die wolke weg, en moet ons die baadjies en jasse afgooi en die ekstra rolletjies wat ons die winter bymekaargemaak het, in die spieel beleef, gil, en stres oor hoe ons daarvan ontslae gaan raak.

En omdat hierdie nie ‘n oefen blog is nie, gaan ek nie probeer raad gee nie.  As ek die antwoord gehad het, sou ek nie resepte geplaas het nie!

So met die son en hitte saam, kom die mooie aande.  Wanneer die muggies jou broekspype binnesypel en geniepsig tande inle, of wanneer die muskiete jou nagte onderbreek met hulle irriterende geluid.  Maar ek dwaal af – die mooi aande vra vir ‘n vuurtjie en ‘n ietsie op die kole.

As jy egter vanaand tuis kom en die krag is af, en jy kan nie die vleis ontvries nie, sit af winkel toe, koop ‘n paar hamburger buns, en omskep hulle in ‘n heerlike aandete.

Koop ‘n houertjie roomkaas – die krummel soort, nie smooth nie.  ‘n Smeersel Mrs. Balls op die onderste gedeelte van die bun, gevolg deur ‘n skyfie tamatie, baie dungesnyde ui, ‘n basil blaar of 3, en die boonste gedeelte van die bun, geplak met die roomkaas.  As roomkaas nie jou ding is nie, gebruik ‘n skeut gerasperde kaas.  Of mozzarella.

Maak jou vuurtjie, drink jou glas wat-oo-al, en as die kooltjies reg is, braai jy daardie bunbroodjies totdat die kaas gesmelt, of die tamatie gaar is.

Braai genoeg, want moreoggend se brekvis is ‘n feesmaal met so ‘n koue braaibroodjie.

Wie het gese jy het nodig om net vleis te braai!

5 responses to “Braaibroodjies

  1. Hmmmmmm, hoe lus kry ek nou!😉

  2. O toggie, sien ek Lyfie se gesiggie by my comment, en nou gaan hy weer gebeur! Ok, as Wosonki hier kuier, issit eintlik ekke, hoor! (Is oor ons moet inlog om te comment – ek kla nie, ek sê maar net!)

    Krista

  3. Ek stel dit dadelik reg terwyl jy die broodjies smeer en Jaco die vuurtjie pak!

  4. Jissie, maar ek is nou lus virri vuurtjie en so ‘n paar broodjies, hoor!

    Wat ook lekker is, is om gerasperde kaas en mayo te meng, op buns te sit en die buns toe te draai in foelie. Dan sit jy dit so op die kant van die rooster.

    Ek het dit by BB geleer, kan nie onthou wat sy nog ingesit het nie, maar dit was d*nners lekker!

  5. Dan dring ek aan dat jy by BB loop uitvind wat nog daarin was, en terugrapporteer, sodat dit op my volgende braaisessie kan geskied.

    Ek verneem oom Paul het dit toe laat reen by julle? Bummer, as jy nie ‘n binnebraai het nie, is jy gefnuik, ne.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s