eier IN die brood

As jy gou ‘n kind se magie moet vol kry, of jou eie gegrom onder beheer moet bring, is daar niks so lekker soos die aanpassing op die egg and cheese toastie nie.  Bietjie afwisseling het nog nooit die eters nie met ‘n smile na die dis laat staar nie.

En as jy behoorlike vrylopende hoendereiers in jou yskas het, sal jy die broodjie hemels vind.  Daar is maar net iets aan ‘n plaas eier wat anders smaak as ‘n hoender wat sit en druk op ‘n stellasie en nooit vry buite kan rondloop nie.

Neem jou kleefvrye pan, of spuit ‘spray & cook’ in ‘n klewerige pan, en verhit. 

Neem ‘n sny brood.  Vat ‘n glas of beker wat in die korsie gedeelte sal pas, draai dit om, en met die oop kant druk jy ‘n sirkel brood daarmee uit.  So groot moontlik, maar die korsies moenie seerkry nie.

Sit die brood met die gat in, in die pan, en gooi klein bietjie botter in die gat.  Gevolg deur ‘n eier.  Dis okay as die eier onder-in loop, dis beter as dit nie doen nie.  Maak die eier so gaar soos jy dit graag eet, maar oomblikke voor opskep, gooi jy gerasperde kaas oor die eier en brood sodat dit kan smelt.

Smeer die uitgedrukte sirkeltjie brood met botter, en as jy die brood met die eierspaan uithaal, maak jy die sirkel in die middel van die kaas hopie sit. 

Daar het jy jou eier IN jou brood, en nie OP jou brood soos voorheen nie.  ‘n Heerlike aardigheid.  En met gouestroop of heuning bo-oor, skop jy stof in Hilda se ogies as dit by kombinasies kom!

One response to “eier IN die brood

  1. Hmmmm, njammies!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s