Klein Koekies 1 – Ystervarkies

Omdat ek ‘n selferkende nie-bakker is, het ek besluit om met die Desember vakansie wat aankom, ‘n paar kleinkoekie of lekker eet-koekies resepte bymekaar te hark waar dit ook rondgesit het, en om dit dan so stelselmatig hier te plaas.  Onder andere dankie vir http://www.peterjasie.co.za en familie resepte – sonder julle sou die blikke dus nie kon vol nie!

Mag jy en joune die geduld en die humor hê om hierdie baksels geblik anderkant uit te kry! 

 

YSTERVARKIES
7ml bakpoeier
1ml sout
125g botter of margarien
250g (325ml) suiker
4 eiers

350g (625ml) Bruismeel

Stel oond op 200˚C en smeer twee bakpanne van 18 x 28 x 3cm.

Sif bruismeel, bakpoeier en sout saam.

Klop botter en suiker tot romerig.

Klop eiers een vir een by bottermensel en meng goed na elke byvoeging.

Voeg gesifde bestanddele bietjiesgewys by en roer tot alles net gemeng is.

Skep in panne, maak gelyk en bak 15 – 20 minute. Keer uit op draadrak en laat afkoel.  Sny in blokkies van sowat 3 x 3cm.

Stroop vir koekblokkies:

375ml kookwater
600g (750ml) suiker
1ml sout
15g (30ml) kakao
15g (15ml botter of margarien
5ml vanieljegeursel
400g (5 x 250ml) klapper

Meng kookwater, suiker, sout en kakao in ‘n dubbel kastrol, oor kookwater.

Doop koekblokkies vinnig in stroop en sorg dat al sy vier sye bedek is. Rol in
klapper en plaas op draadrak. Hou in koelkas.
Lewer 8-9 dosyn

13 responses to “Klein Koekies 1 – Ystervarkies

  1. Ek vrek oor lekker saucy ystervarkies!

  2. Wel Krista, ek sou se jy moet meer sous maak. Want dit is altyd somehow te min.

    Geniet die gebak. En laat jou man jou help.
    🙂

  3. Kan ek nie vir jou ‘n geldjie stuur dan pos jy vir my ‘n paar nie? Ek kan mos nie ‘n gegewe perd (varkie) in die bek kyk nie, daarom sal Weighless maar vir ‘n paar ure of so moet eenkant toe staan . . .😉

  4. Mens is altyd geneig om die eerste koekies effens te doop, maar hoe langer die proses raak, hoe swaarder raak die arm!

    Ek wonder hoe smaak ystervarkies met ‘n doppie brandewyn in daai sous? Dan raak hulle seker vlakvarkies…

  5. Of malvarkies . . .!

    Bwhaaaaaahahahaha @ vlakvarkies!

    Dink jy mens sal meer as gewoonlik eet as die sous gedokter is?

  6. Sylvia Pienaar

    Baie dankie vir hierdie resep, ek is een van ‘n tweeling en ons word 50 in Desember. Ongelukkig is ons ouers altwee oorlede. Ons ma het graag ystervarkies gebak. Met hierdie ‘koekies’ sal ons ‘n stukkie van ma & pa saam met ons, met ons verjaardag hê.

  7. Geniet die verjaardag Sylvia – ek hoop altwee van julle bak hieraan.

    Is dit nie spesiaal hoe smake en reuke en teksture deel word van onthou, sodra die mense naby jou ‘vertrek’ nie?

  8. I am looking for a recipe for crunchie kookies

  9. Chantal Schoeman

    can you tell me if ystervarkies can b frozen????

  10. Yes, Chantal, without a doubt!

  11. Jong baie dankie vir die reseppie, ek het tot onlangs my eie kroeg gehad, wat ekstra geldjies ingebring het. Maar weens ons liewe regering se gekarring aan wette wat nie juis probleme gehad het nie, moes ek verkoop, wat meebring dat ek nou aan ander alternatiewe moet werk vir ekstra geldjies, siende dat ek ‘n algehele huismamma is. Glo my ek het heelnaweek resepte afgeskryf by my skoonouers en nerens ‘n ystervarkie resep gekry nie. Nogmaals baie dankie.

  12. Help ASB!!!!!, hoe maak ‘n mens wit ystervarkies (sonder die kakao)

  13. Vir my 21ste, het ons pienk en groen en geel ystervarkies gemaak. Ek dink dit was net die kleursel en geursel wat in die stroop gegooi was. Njammies.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s