Klein Koekies 2 – Peperment spoegies

Peperment laat jou lyf tintel.  Bad in die homeopatiese peperment druppels, en jou vel prik heerlik as jy daar uitklim.

Eet ‘n sterk peperment en trek jou asem diep in, en jy paas amper uit soos daardie tinteling jou lugweg kielie.

Die Peperment Spoegies is ietsie om die vakansie aan te pak om die kinders besig te hou.

Neem ‘n bak met 225g versiersuiker daarin, en meng ‘n eierwit hierby.  Dit sal ‘n pasta vorm.mint3

Neem ‘n paar druppels peperment geursel (die voedsel soort, NIE homeopatiese soort nie) en ‘n druppel of drie voedsel kleursel en meng dit baie goed deur die pasta.

Plaas die gemengde versiersuikerpasta op waspapier, en rol met ‘n koekroller of bottel uit tot omtrent ‘n halwe sentimeter dik.

Neem ‘n koekiedrukker, of enige ronde vorm wat gebruik kan word om klein sirkeltjies uit te druk.

Laat dit set.

Smelt 100g donker sjokolade.  Die ‘double boiler’ metode van ‘n glasbak oor ‘n pot met water, is seker die veiligste manier  (vra my as ek meer duidelik moet verduidelik)

Doop die sirkeltjies halfpad in die sjokolade, en laat hard word.

Geniet die tinteling van die vakansie!

6 responses to “Klein Koekies 2 – Peperment spoegies

  1. ;)oe ek het massas kruisement innie tuin, gaan sommer baie pluk nou vir my koue bossies tee en suurlemoen en more daarin bad
    wat ‘n wonderlike idee🙂

    ek gaan sommer nou 😉

  2. Kan ek mooi asb vra vir ‘n maklike, lekker soetkoekie resep? Die wat jy lekker kan uitdruk met allerhande vormpies? (Of is maklik en lekker in een resep nie moontlik nie?)

    Bygesê, jy laat alles so maklik klink, Meesterchef!😉

  3. Krista

    Kliek op die klink:

    http://skoorkos.wordpress.com/2008/08/13/outydse-soetkoekies-vir-delilla-se-luste/

    My ouma se resepte boeke le op ons Karooplaas, en ek gaan nie gou daar uitkom nie. Maar die dag as ek doen, sal ek jou dadelik ‘n lekker resep plaas.

  4. Dankie. Sodra die lus my vang en dit na 3 ure se boeklees op die bed nog nie ooorgewaai het nie, sal ek aan die bak spring!

  5. Hallo,

    Ek is naarstigtelik op soek na ‘n regte outydse gemmerkoekie resep. My skoonma wil nie haar resep vir my gee nie en dit is darem die beste wat ek nog gesien het. Die koekies is regtig goudbruin. Ek en my Ma het verlede week gemmerkoekies gebak maar dit was nou nie die ware Jakob nie

  6. Gemmerkoekies:

    http://www.skoorkos.wordpress.com en tik gemmerkoekies in die search blokkie in

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s