Blatjang wat smaak soos die famous soort op die winkel se rak!

Kom kom, die geld is skaars, en die volk het verleer om met die hande iets van waarde te maak.

Hierdie resep is vir die kosmaker, kok en chef.  Wat jy ook besluit om jouself te noem.  Solank jy net chutnedie proses met ‘n smaail aanpak, omdat jy agterna gaan voel jy het iets bereik.

Gaan winkel toe (want ek twyfel of iemand kan spog dat hulle die vrugte op die droogbaan gaan haal het, so skuins agter die huis.  En as daar so iemand is, hoor ek graag van jou!) en koop die volgende:

612 gram gedroogde perskes

238 gram gedroogde appelkose

3 liter bruin druiwe asyn

2.5 kg wit suiker

500 gram uie

120 gram sout

5ml cayenne peper

Week die vrugte oornag in die druiwe asyn en kook dit daarin tot dit sag is.  Dreineer en hou die asyn! 

Laat dit afkoel, en as jy ‘n fensie masjien, of handmeul het, maal die vrugte daardeur.  Anders neem jy ‘n behoorlike mes, moenie met stomp goete sukkel nie, en sny die vrugte baie fyn, en kap dit dan nog fyner deur die lem se punt met jou linkerhand se palm, of die vingerpunte, vas te druk, en met die regterhand, die lem vinnig op en af te beweeg.  Die linkerhand hou die lem se punt basies op een punt, en die regterhand doen die op en af, maar ook heen en weer beweging.  Dit is iets wat verspot maklik is, en wat jy soos ‘n pro na die derde probeerslag behoort te doen.  Die geheim is in die sagte hantering van die mes.  Jy hoef nie groewe in jou linkerhand te wys, of wit kneukels aan jou regterhand te vertoon nie.  Dis ‘n ritme…

Los die suiker in van die asyn op.  Sit die uie ook deur die meul of onder die mes, en voeg die gemaalde vrugte en uie terug in ‘n groot pot.  Gooi sout en cayenne peper by.

Kook dit nou vir 2 – 3 ure oor ‘n stadige hitte om alles gaar te kry, en die sous dikker as water te laat afkook.  Voeg nog asyn by as dit te styf is, of kook effe langer as die mengsel te slap is. 

Bottel die blatjang in gesteriliseerde flessies, m.a.w. skoongewas en in die oond gelos om kieme te dood wyl die oond stadig temperatuur verloor.  Sit dit al die vorige aand in nadat jy pizzas in die oond gemaak het, want om ‘n oond warm te maak om flesse te steriliseer, maak net vir ESKOM onnodig ryk!

chutneyPlak jou eie plakker daarop, wat lees BLATJANG 2008, of soos die jaar einde toe spoed, BLATJANG 2009.  En eet trots jou eie maaksel terwyl jy proe of jy ook proe dit smaak soos daai famous blatjang op die winkelrak!

Vir afwisseling, kan jy ‘n ‘hot’ weergawe maak deur 75 gram gemaalde brandrissie by te voeg as dit begin kook, en vir ‘n perske blatjang, kan jy die appelkose vervang met perskes.

16 responses to “Blatjang wat smaak soos die famous soort op die winkel se rak!

  1. Lekker baie lekker!!!!!

  2. Wonderlik om sulke terugvoer te kry, dankie!

  3. Ek sal die een moet probeer! Waar ek op die plaas groot geword het, het ons vrugteboorde gehad..mensig, heerlike geel perskes waaraan ons gesmul het en sakke vol droe perskes/appelkose waaraan ons weggele het. My ma was ‘n boffin as dit by konfytmaak/inle/droevrugte gekom het. Hoe lus is ek nou vir daardie laeveldse geel perskes! sappig!

  4. Baie dankie “klein-kombuis die blatjang is hemels!!!!!

  5. Ek is bly jy kon die resep gebruik en die resultaat geniet Jana.

    Loer weer in!

  6. Nikita, ek ken ook daai manier van grootword. Ai, en mens neem dit so as vanselfsprekend tot jy terugkyk en dit nie meer het nie!

    Laat weet as jy dit met sukses aangepak het. Julle moet mos maar ver loop soek vir ‘n mev Ball’s daar in die Rooiland!

  7. KleikKombuis…mev Balls word hier nou in Teco’s verkoop, al ‘n geruime tydjie..sommer net hier om die draai by ons. Tesco het ‘n afdeling “world foods” en daar verkoop hulle kos van verskillende lande. Nogal oulik van hulle. Dis al ‘n paar jaar dat hulle dit verkoop. Hulle moet nou net slimmer raak en al die ander goodies ook verkoop.🙂

  8. Tokkie v d Heever

    Baie dankie vir die heerlike resep. Ek het omtrent 25ml Veggie Seasoning bygevoeg – hemels! Ek bly op ‘n plaas naby Swartwater in Limpopo provinsie, en alles wat in oorvloed is by die boere, beland in ‘n bottel. ‘n Lekker verkoper by ‘n kerkkarnaval.

  9. Klein Kombuis

    Welkom Tokkie – lekker om die terugvoering en die tip te kry.

    Wens soms ons kon die plaas oorvloede beleef, veral as ek so deur Fruit & Veg stap en die pap wortels loer my so tussen die verlepte lowwe deur…

  10. Klein Kombuis

    Nikita, dis sal nogal interessant wees om die Randwaarde van die produkte daar te weet! Gits, dis seker ‘n aardige spulletjie.

  11. Hi,
    Ek is op soek na ‘n groen-tamatie blatjang resep. Kan iemand help ?

    Baie dankie vir oulike resepte.
    Nicolene

  12. Hi
    Ek bly op die oomblik in Argentina (Buenos Aires) Ek wil graag Perske Blatjang maak met vars perskes. Hier is die vrugte mark 2km van my huis af. Ek stook ook mampoer en koop my vrugte op groot skaal. Gedroogte vrugte is skaars hier. Help asb
    Groete Johan Steyn

  13. SJOE JOHAN, EK BLY IN N LAND WAAR DRANK NIE BESKIKBAAR IS NIE. SAL GRAAG WOU LEER HOE JY DAAI MAMPOER MAAK !

  14. Alwina jy klink soos ‘n Alwina wat ek in Engeland geken het😉

    Baie dankie vir die reseppie! Ek is ver v/d huis op die oomblik en was daar nie plek vir kookboeke nie en toe slaan die blatjang lus my darem lelik…maar nou’s ek gewapen met ‘n lekker reseppie en gaan ek hom definitief maak, sommer in appelkoos en ene in perske!

  15. Linda Fabricius

    Baie dankie vir die perskeblatjan resep, maar ek het nou sommer ‘n hele paar kg vars perskes en wil graag daarmee blatjan maak. Asseblief kan ek dieselfde resep gebruik en ek aanvaar die kg verskil met vars perskes. Dankie Linda

  16. Ek het ‘n heerlike vye-piekel gemaak, maar hulle het te veel water bygesit. Ek kan ddidt nie nog verder kook om dit dikker te maak nie. Wat kan ‘n mens bysit? Marikie

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s