Roomys – laag vir laag lekkertes

As jy ‘n roomys maker het, maak jy jou eie roomys, maar hier in die Klein Kombuis is roomys ‘n gekoopte ding.

Om lekkerte te voeg by ‘n gewone vanilla roomys, koop ‘n bak vol – verkieslik ‘n frozen yoghurt.

Laat dit effe smelt en voeg by:  fyn flake of gekapte slab sjokolade, neute, fyngekapte kersies en fyngekapte groenvye konfyt.roomys

Of net sjokolade.  Baie daarvan!

Meng dit deur die mengsel met ‘n houtlepel – ek het al ‘n metaal lepel lelik gebuig met ‘n mengpoging, so hou by die houtlepel.  As alles deurgemeng is, gooi dit terug in die bak en vries.

As dit as ‘n ete finale voorgesit gaan word, haal ‘n wyle voor die tyd uit om sag te raak, en keer uit op ‘n opdien bord.

Amper soos cassata, netnie so gedoop!  Versier met kruisement blare.  En moenie skaam wees om seconds te vat nie.

About these ads

5 responses to “Roomys – laag vir laag lekkertes

  1. Hmmmmm, njammies!

  2. Jaaaa Krista, dit is!

    Krummel sommer die laaste van die krismiskoek ook by – daar le mos nou vir jou ‘n lekker skop in daai roomys, dis nou te se as jy behoorlik klamgemaak het aan die koek!

  3. Ek moet vir jou die roomys resep gee wat my sus altyd gemaak het. Sjoe! Ek het geswot, toe verjaar ek. Sy bring toe al hierdie terte ens ens en een meisie was op ‘n dieet, sy kon haarself nie keer daardie nag (toe ons almal al slaap na die “middie” (middernag-fees) ) en maak die volgende more groot verskoning oor sy haarself so ‘n vraat gehou het. Ons het heerlik vir Tanya gelag! Sy het elke krieseltjie afgemeet en haar geweeg en gegym ens ens ens… maar ek moet nou eers ‘n vorm diekant invul. Ek gee hom vir jou via email more-aand! Koop solank heerlike vanilla roomys(niks anders!)/SOUTgrondbone/gemmerkoekies en karamelkondensmek!

  4. Death by Ice Cream … ek is oortuig daarvan!

  5. lol! baie, baie, baie lekker!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s