Klapperys vir soettande

Vir die lui huisvrou, of die avontuurlustige klein kok wat nognie die stoof mag aanskakel nie, is die volgende resep die ideale poging. En jy kan dadelik begin smul aan jou skepping!

Neem ‘n mengbak, en gooi 500g versiersuiker, 400g klapper, 5ml vanilla geursel en ‘n klapperysblik kondensmelk daar in.  Meng goed deur met ‘n houtlepel – die mengsels sal lekker styf wees.

Verdeel in twee, druk die een gedeelte in ‘n gesmeerde houer (‘n glas oondbak werk altyd lekker) en voeg ‘n paar klein druppels voedselkleursel by die ander mengsel. 

Meng deur, en druk die gekleurde gedeelte bo-op die wit vas, sny in blokke, en bedien met tee sodra die kinders vanmiddag uit die skool kom!

About these ads

6 responses to “Klapperys vir soettande

  1. Hmmmmmmm . . .

    /me loer innie koskas vir bestanddele . . .

  2. Dit lyk baie lekker… Wat kan ek gebruik as ek ni versiersuiker het ni, en glad ni wil ry nie…

  3. Slaan suiker in jou voedselverwerker fyn! Soos in baaaaaie fyn.

  4. dit is nou n vinnige resep! Ek het sopas Smurfie (blou en wit) klapperys gemaak. My kinders is mal daaroor.

  5. hoe lank kan ek dit voor die tyd maak – ek het ‘n verjaarsdag partytjie en wil regtig nie alles in die laaste dag of so hoef te maak nie?

  6. Seker die maklikste en lekkerste resep ooit

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s