KONSTIPASIE – ‘n boere raad

toilet1Ek lees Woensdae oggende op die net, die webwerf egafrikaans.co.za se hulpnavrae, en iemand vra waar jy ‘Marimba Jam’ kan koop. Ek onthou dit was altyd by winkels soos Clicks of Shoprite, en laat haar weet. ‘Van die mark af’ kom die antwoord.

Laat my dink aan die grappie van die Brooklax, of moet ek se een van die vele wat ek as kind versamel, en myself voor doodgelag het.

Konstipasie tref almal, iewers in die loop van die lewe. Ek het hierdie resep jare terug by ‘n tannie gekry, en dit al probeer. Dit werk soos ‘n bom. Of so iets.

Koop ‘n pak, so 500g droe vrugte. Ontpit die pruime. ‘n Botteltjie gliserien en ‘n pak droe senna blare. Dit kry jy by die apteek te koop, glo my maar.

Neem ‘n klein bietjie van die vrugte, en slaan dit fyn in ‘n voedselverwerker. Voeg nog by. As dit vassit of koek, gaan met die houtlepel se steel in, en help. Moet tog net nie die masjien aanskakel wyl jy daar binne is nie!!!

Gooi die sennablare en die glisserien in, en blits alles lekker deurmekaar. Sit dit in ‘n lugdigte houer, en eet ‘n teelepel in die aand.

Die res is geskiedenis. En die Boer het rate vir alles!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s