Maalvleis uit Marokko, al die pad van die Ooste

minceRys. Vleis. Aartappels.

So is ons, of meeste van ons, grootgemaak.

En ek is trots op die kos van my herkoms, maar soms, net soms, dan vergryp ek my aan sushi of sterk geurige kerries uit die Ooste. Daarom is daar niks verkeerd met die opsaal van ‘n perd van ‘n ander kleur, as hy in jou kombuis wei nie!

Sit af na die naaste spesery winkel, en kry vir jou fyn komyn, koljander, garam masala, ster anys, kaneel stokkies, mostert saadjies, swartpeper korrels, fyn chillies, kardomom sade, naeltjies en kerrieblare.

Dis jou voorraad vir die winter.  Met die basiese geure kan jy droomkos bou.

En ‘n vysel en stamper is amper net so belangrik soos VARS knoffel, alhoewel ek dink laasgenoemde is ‘n kort-kop voor.

In jou vysel en stamper gooi jy:  ‘n stukkie skoon, vars gemmer (so ‘n sentimeter stukkie), ‘n vars knoffelhuisie, ‘n kwart ui, ‘n paar korrels swartpeper, en ‘n halfteelepel koljander en ‘n naeltjie.

Werk die inhoud tot ‘n fyn pulp.  Die naeltjie, en swartpeper moet sommer goed fyn wees, en die geure ingemeng met mekaar.

Verhit olie in ‘n pot of pan, en gooi ‘n teelepel mostert saadjies in.  Voor hulle soos popcorn begin spring, draai die hitte laer, en skep die inhoud van die vysel en stamper in.  Dra ‘n voorskoot!

Roer en braai die mengsel so 5 minute.

Gooi maer maalvleis in – 500 g.  En braai tot bruin/gaar. 

Skil ‘n groot aartappel of 2, sny in klein blokkies, en gooi by die maalvleis.  Bedek met water, sodat ‘n gedeelte van die aartappel in water is, en die ander deel bo die water.  Gooi ‘n half teelepel fyn chillies by, ‘n teelepel komyn, ‘n teelepel garam masala en ‘n ster anys en kaneel stokkie.

Woeste geure wat nou begin trou in daai pot.  Soos die aartappels gaar raak, sal die sous afkook en verdik.  Hoe langer die dis kook, hoe lekkerder is dit.

Ek gooi sommer ‘n stingetjie saffraan in vir kleur, maar ‘n teelepel borrie poeier is net so goed.

Haal die ster anys en kaneel stokkie uit,geur met sout en ‘n plat teelepel suiker,  en bedien op basmatiese rys of koes-koes. 

Versier met vars koljander blare as jy dit in die tuin het.

Anderdag kan jy weer rys, vleis en aartappels eet, maar vir nou sit jy terug, en geniet die vreemde geure op jou tong.

En as jy skugter is vir sterk kos, wees ligter op die chillies!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s