Hoender Mayo hoef nie boring te wees nie!

chicAs jy ‘n regtige goeie kok is en weet van hoender gaarmaak, sal daar nie sommer oorskiet wees om ‘n chicken mayo broodjie mee te maak nie.

Maar as jy jou oorskat het, en meer hoender gaargemaak het as wat die monde kon verorber, is skoolbroodjies/werksbroodjies/tuiskom broodjies met hoender en mayo ‘n wonderlike idee.

Verwyder alle vel en beentjies, en pluis die hoender met ‘n vurk – groot stukke val heeltyd uit, en laat mens soos ‘n morsige eter voel.

chic2Gebruik mayo soos jy goed dink.  Sommige mense hou van mayo chicken, ander wil graag die hoender proe.

Maar met ‘n bietjie gerasperde cheddar of ‘n smeersel Mrs. Ball’s gaan enige eter wonder hoekom daar so min hoender oorgebly het vir broodjies.

Moenie skaam wees nie – fyn skyfies komkommer of blaarslaai vir ekstra knars het nog nooit enigiemand skade aangedoen nie. 

Of ‘n knippie cayenne peper.  Die opsies is eindeloos.  Mits jy lank genoeg jou kwyl kan terughou!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s