Hongaarse Goulash – in ‘n Afrika kombuis

Dankie vir BB wat hierdie resep so onselfsugtig met my gedeel het!

HONGAARSE GOULASH

Smelt 2 eetlepels Holsum vet – te koop by jou kruidenierswinkel – of olyf olie vir die minder avontuurlustiges.  Die vet laat die gereg op die ou end net soveel beter smaak.  Wees maar hierdie een keer ongesond.

Braai 2 groot gekapte uie tot glasig.  Moenie dat dit karameliseer nie.  Strooi 1 eetlepel paprika (die Hongaarse soort as jou kruidenier dit aanhou) en pasop dat dit nie aanbrand nie.  Roer deur.

Neem 500g kook beesvleis, in ongeveer 2cmx2cm blokkies opgesny, en saute dit in die pot.  Die vleis gaan begin vog goulash2afgee.  Dis perfek.  Gooi nou by:  3 huisies fyngekapte knoffel, 1 teelepel caraway sade, ‘n lourierblaar en sout en peper.

Gooi water in die pot wat die inhoud net-net bedek, sit die deksel op en prut vir 90 minute.  120 minute sal ook werk.  Afhangende van die interessantheid van die boek wat jy tans lees, of die spanningslyn in die mini-reeks wat jy op DVD uitgeneem het…

Na hierdie eerste kooktyd gooi jy 2 wortels by – wieletjies of growwer opgesny.  Alles gaan fyn in die maag in, en met ‘n bredie gaan dit selde oor die voorsit, maar eerder oor die geure!  Ook hierby, ‘n parsnip, of witwortel, opgesny, 2 stingels seldery en nog bietjie sout.

goulash21Gooi 2-3 koppies kookwater by, sit die deksel terug, en kry reg:

2 Medium tamaties, geskil en opgesny, ‘n pakkie tamatie pasta, en 2 greenpeppers, in klein blokkies gesny.

Sodra die wortel sag raak, voeg jy die tamaties, t/pasta en greenpeppers by.  Roer versigtig deur, sit die deksel op vir 5 minute, haal deksel af en kook ‘n verdere 10 minute.

Proe of die sout genoeg is.

Bedien met Portugese rolletjies, of ‘n Franse brood, of sommer ‘n lekker Boere potbrood en moenie skaam wees om seconds te vra nie.

4 responses to “Hongaarse Goulash – in ‘n Afrika kombuis

  1. cecile du plessis

    Dankie vir goeie resep. Kry nou sms van universiteitskind wat vanaand goulash wil eet!
    Het vergadering tot laat maar gaan haar tog bederf.

  2. Cecile, as jou kind nou al die somer goulash eet, wat gaan word as die winter aankom? Gaan loer op my ander blog http://www.skoorkos.wordpress.com vir nog bredie resepte – lyk my daai varsity asempie gaan nog baie eie stel.

    Groete

  3. baie EISE stel. Genade, waar is my kop!

  4. Ek soek tog na `n patat pasty wat so `n lekker soet krummmel lagie oor het. My probeerslae nie so suksesvol. Geniet al die kommentaar en resepte. Groete

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s