Patats – bykos of dis.

Nikita was gaaf genoeg om hierdie yummy resep met my te deel, en ek dink daar is genoeg hongeres daar buite wat hierdie plan met ope arms sal omhels en dit dadelik sal probeer.  Dis immers winter in Afrika, en comfort food is aan die orde van die dag.

Neem jou oondbak.  Skil patats, en sny dit op in hapgrootte blokkies.  As jou oondbak lekker vol is, neem ‘n groot ui, skil dit af en sny in elegante ringe. 

Strooi die ringe bo-oor die patats, gevolg deur ‘n sprinkel seesout.patats

Kap of druk ‘n huisie VARS knoffel lekker fyn, en sprinkel oor die dis.  Drup olyfolie oor – natuurlik alles na smaak.

Bedek met tinfoelie, en bak vir 30 minute by 180grade celcius.  Verwyder die tinfoelie, toets hoe gaar die patats is, sit die rooster (grill) aan, en verbruin die boonste lagie van die dis effe.

Sit die bak in die middel van ‘n groot tafel.  Neem een lepel.  Gaan sit by die bak, en val weg.  Moenie die res van die eters nooi nie, gee vir hulle brood en tee, en eet tot jy agteroor val!

Ek speel net – roep die mede eters, en geniet!

6 responses to “Patats – bykos of dis.

  1. Hi s****! Ek het nie geweet van hierdie blog van jou nie, liewe genade, maar jy “boer” vooruit met die resepte-blog! Dit klink(is) heerlik, het jy dit probeer?

  2. Heerlike avatar Nikita!!!

    Jip, het dit probeer – vanaand maak ek smoorsnoek met ‘n patat ook in. Kan jy imagine hoe heerlik dit gaan proe.

    Snoek, patats, tuisgebakte brood en druiwekonfyt is mos sinoniem met die Kaapse tafel.

    Mmm, dis nog laaaaank voor aand, maar nou ja, ek moet nog die oxtail in die slowcooker gooi – dis moreaand se gereg.

    Het dit nog nooit gemaak nie, maar weet klaar hoe dit gaan proe. Kan nie wag vir die volgende twee aande se etes nie.

    Welkom by die Resepte uit die Klein Kombuis!

    s****

  3. Klink vir my al asof jy lief vir bak/kook is. Ek het dit graag gedoen op skool, veral die laaste 3-4 jaar van hoerskool, maar ek dink ek het dit te veel gedoen, ek is so bietjie “af” van bak/kook, maar gelukkig het ek hier ‘n dogter(tjie) wat baie, baie lief is vir dit… sy is lief daarvoor om als uit te probeer van tyd tot tyd. Die patats…hoe het dit vir jou gesmaak?

  4. o ja, dankie vir die ava-kommentaar…dis ‘n flinstone-een waarvan ek gehou het, jy sien seker die been!🙂

  5. Ek soek ‘n resep van patatwiele – gaar patats en skilferkorsdeeg is betrokke met ‘n heerlike sous bo-oor.

  6. Liz Scholtz

    Ek Soek resep vir patats met fyn gedrukte gemmerkoekies en ‘n stroop

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s