Pannekoek

pannekoekMailmaat Barbara laat weet uit Durban dat sy die wenresep vir pannekoek het.

Besluit jy self of sy die waarheid praat.  Dis tog nou winter, en niks keer jou om bietjie die mense om jou te bederf nie.pannekoek2

Klits twee eiers, en voeg 500ml yskaswater (m.a.w. lekker yskoue water) by, en klits tot die skuim staan.  Meng 375ml bruismeel (self raising) en ‘n knippie sout, bietjies-bietjies by.

Gooi 5ml vanilla essens en 125ml olie by, meng deur, en laat staan vir 30 minute.  Roer weer deur, en bak in ‘n pan, waarin olie vir die eerste pannekoek, liggies gesmeer is.

Wenk:  ipv om met ‘n soplepel of ‘n bekertjie die beslag in die pan te gooi, gebruik ‘n plastiek waterbottel met ‘n uittrek tuit.  Daarin kan jy die mengsel skud, en lekker in die pan spuit.

3 responses to “Pannekoek

  1. Christa Botha

    As die asyn met brandewyn vervang word is die spulletjie no ‘n bietjie lekkerder. Verder is dit werklik ‘n wenresep en die klaar pannekoeke kan gevries word sonder om smaak en tekstuur te verloor. CBotha

  2. Cielie Pretorius

    WATTER ASYN?????????????????

  3. Die 1 eetlepel asyn wat hul nie genoem het nie, ek het ook die resep en maak dit al jare. Altyd ‘n wenner. Onthou om suulemoen op jou pannekoek te gooi as jy dit eet, dit maak al die verskil.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s