Crunchies. Maar nie die tjoklit soort nie.

Hoekom mens die lekker koekie en die lekker tjoklit dieslfde naam moet gee, en hulle smaak nie eens na mekaar nie, weet nugter alleen.crunchies

Hier is egter ‘n verspot maklike resep vir die koekie met die Crunchie naam – spring weg en doen iets lekkers die week…

Smelt 250g margarien en 15ml gouestroop saam in ‘n pot.  Gooi 5ml koeksoda soda by, en staan terug – dit kan woes borrel!  Roer met ‘n houtlepel tot die pot tot bedaring kom.

Voeg 500ml hawermout, 250ml meel, 250ml klapper, 200g suiker en 5ml bakpoeier in die pot, en roer deeglik deur.

Smeer uit op ‘n gesmeerde bakplaat en bak vir 25 minute by 180 grade celcius.

As jy dit uit die oond haal, sny in die vorms wat jy verlang, laat afkoel en voila!goue

O ja, moenie bang wees om ‘n lekker handvol soet gedroogte appelkose op te sny in klein stukkies, en dit by te voeg vir ‘n totale ander smaak sensasie nie.

En niks keer jou om tjoklit te smelt en met ‘n lepel oor die bakplaat uit te ‘teken’ nadat jy dit gesny het nie.  Of raak ek nou effe oordadig?

2 responses to “Crunchies. Maar nie die tjoklit soort nie.

  1. Dankie. Het dit nodig vir die vakansie. Altyd ‘n wenner van ‘n koekie vir ‘n honger kind. Sal laat weet hoe het dit uitgekom.

  2. wil dit sonder meel maak.. wat kan ek eerder gebruik

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s