Groen Tamatie Blatjang

groen‘n Vertroueling het die resep goedgunstiglik met my gedeel – bedien dit saam met vleise, veral vark.

Sny 1kg groen tamaties in kwarte, en gooi in ‘n pot.  Neem 500g groen appels, sny ook in kwarte, en verwyder die stronk.  Moet dit nie afskil nie.

Sny 2 medium uie op, gooi in die pot, draai ‘n vlammetjie onder sy bodem oop, en laat dit stadig warm word.groen2

Gooi verder in die pot:  4 koppies mout (malt) asyn, of appel asyn.  1 3/4 koppies bruin suiker, 1 koppie goue sultanas, 1 1/2 teelepels mostertpoeier, 1 teelepel gemaalde kaneel, 1/4 teelepel gemaalde naeltjies, 1/4 teelepel cayenne peper en ‘n skeutjie sout.

Prut die inhoud vir 90 minute sonder deksel.  Roer gedurig.  Die blatjang sal begin verdik.

Proe die suikergehalte en gooi in gesteriliseerde flesse.  Draai styf toe, laat omgekeer afkoel, plak pronkerige strokies met datum en naam op, en stal uit vir almal om te sien!

4 responses to “Groen Tamatie Blatjang

  1. Ek hou van ‘n anderste resep so hierdie groen tamatie blatjan klink vir my na ‘n lekker resep

  2. Hi weet julle wat ek en my maat werk hier in die congo drc en ons het dit gemaak en proe lekker saam n stukkie braai vleis en pap so ja dis n baie lekker resep.

  3. Heilie Hartsink

    Het hierdie resep gemaak, want die voëls plant altyd tamaties vir my in die tuin, (Haha) so het verlede jaar baie groen tamaties gehad. Die resep is baie baie lekker en word aanbeveel!!

  4. Ek het tamaties gehad wat ek moes iets mee doen voor die voels die verwoes. Die resep probeer en dis beslis n wenner Sommer so op brood, warm of koud op enigiets is dit lekkerrrrrr!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s