Patatwiele ala Reinette ala Petro

As jy nou weer ‘n hele sak patats het, en nie weet of jou huismense nog een aand in ‘n gekookte patat se vel wil vaskyk nie, probeer die resep van Reinette, soos Petro vir my aangestuur het.

Sy noem egter dat dit erg soet is, en jou tande kan lelik raak van te veel soet, so werk maar versigtiger met die resep sespotatoes soetigheid!

Sny 500g patats in klein blokkies (sodat dit vinniger kan kook as jy baie honger is) en kook in water waarby sout gevoeg word NADAT die water kook (soutwater vat langer om kookpunt te bereik, en ons wil NIE vir eskom meer geld gee vir nuwe karre nie).

Dreineer die gaar patats, m.a.w. sorg dat die enigste water binne-in die patat is, en niks nog aan sy ribbes wasklou nie, anders kan jy netsowel dit in ‘n waslap toevou, en die pappery deur die waslap suig.

Rol ‘n vel blaardeeg oop.  Spuit ‘n oondvaste bak, en bedek die onderkant met blaardeeg – die res van die deeg moet langs die bak wag.

Druk die patats fyn, skep bo-op die blaardeeg in die bak, en vou die deeg buite die bak oor die patats.  Soos om jouself toe te vou met die duvet in die winter.

Meng ‘n koppie bruinsuiker, ‘n koppie room en ‘n teelepel karamelgeursel, en gooi dit bo-oor die patat pakkie.

Druk in ‘n voorverhitte oond by 180 grade celcius, en bak vir 30 minute.

Ek sal sommer fyn kaneel oor die patats sprinkel voor ek sy blaardeeg duvet oortrek, en verder sal ek by ‘n bottel goeie rooi sit en wonder hoekom dit dan patatwiele heet, as patatbed beter beskrywend is?

Het een of ander tannie met baie tyd, ‘n koekdrukker gevat en wiele uitgedruk wat sy met patats gevul het?  Heel moontlik.

Geniet!

8 responses to “Patatwiele ala Reinette ala Petro

  1. Hi Skoor, dit klink lekker, ek sal weer ‘n draai maak om dit te copy en vir manlief te gee om uit te probeer! Sjoe, wee jy hoe uitgehonger is ek vir pampoen…boere pampoen! Daardie witte…nie ‘n ander een nie!🙂

  2. My kind het die heerlikste uitgedinkte reseppies vir ons die afgelope paar dae gemaak, ek sê haar oor en oor om vee-arts/zoology uit haar kop te kry en ‘n chef te gaan word! LOL! ek gaan laat sy die goed vir jou neerskryf en dan probeer jy dit bietjie uit.🙂

  3. Skoor, ken jy dalk die gedig…”Die miljoener se kombuis”… ek moes dit op laerskool ken en onthou net gedeeltes daarvan, dis baie, baie cute en in ‘n regte Kaapse-Kleurling-Afrikaans geskryf…

  4. http://wp.me/p9e0H-2Q
    Skoor, ek het jou hulp nodig, kom kyk bietjie hier asb en kyk of jy vir Alicia kan help, ek gaan haar ook na jou blog verwys.

  5. http://wp.me/p9e0H-gu
    Skorie! Weer jou hulp nodig op hierdie link…😆

  6. http://wp.me/p9e0H-8m
    Skoor, hier is weer ‘n ander versoek, ek weet nie of jy oor so iets beskik nie? Dankie vir jou hulp altyd!

  7. Om dit patatwiele te maak moet jy die deeg oprol en dan doen jy alles net so verder. Om nog lekker geur te kry, kan jy ‘n bietjie soetwyn oorstrooi voordat jy dit oprol. Baie lekker!

  8. Ai, dankie tog vir tegnologie. Sit hier in die verste verre noorde van Alberta(Kanada) en lus patatwiele (nog net een maal geeet en nooit vergeet). Kom op jou resep af en geniet elke woord – kliphard sit en lag v die waslap!!
    Die wiele-storie het gekom toe een of ander slim Afr. tante die duvet-worsrol in wiele gesny het, toe die stroop oorgegooi het en toe eers gebak het. Dis soos ek dit geeet het.
    NS. Ek sou dink mens moet eers die rol eers so ‘n bietjie vries voor jy die wiele sny?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s